
=====================================================================
SAG begin wins sien (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


SAG begin wins sien

Maritha Snyman en Christo van Rensburg van die Universiteit van Pretoria,   vertel hoe die Sentrum vir Afrikaanse Geletterdheidsonderrig en 
-navorsing begin het, en waar dit nou staan.

ELF tale vra baie aandag van 'n sentrale regering. In die nuwe bedeling sedert 1994 was dit gou duidelik benadeelde Afrikaanse 
moedertaalsprekers bly 'n gemarginaliseerde groep. In Gauteng is nog steeds geen geletterdheidsklas in Afrikaans wat deur die provinsiale 
owerheid gefinansier en bedryf word nie.

Dosente van Tukkies se Departement Afrikaans het gevoel 'n taal vaar die beste as die sprekers self na hom omsien en vir Afrikaans is 
geletterdheid 'n belangrike prioriteit. Dt was die motivering agter die totstandkoming van die Sentrum vir Afrikaanse 
Geletterdheidsonderrig en -navorsing (SAG).

In 1994 is SAG gestig. Dit beywer hom vir geletterdheid in Afrikaans en het geen winsoogmerke nie.

Onmiddellik is begin met 'n databank oor bestaande Afrikaanse geletterdheidsprojekte. In Eersterus, 'n min of meer homogene Afrikaanse 
benadeelde gemeenskap, was talle ongeletterde mense maar geen plan om hulle te leer lees en skryf nie. Eersterus is binne bereik van die 
universiteit, en die wenslikheid van 'n geletterdheidsprojek daar is ondersoek.

Terug na bo

Geletterdheidsprojek

N uitgebreide besprekings met alle belangegroepe in die gemeenskap en 'n versekering deur LIW -- 'n afdeling van Denel -- van 'n ruim 
bydrae tot die beoogde projek, is 'n samewerkingsooreenkoms tussen die gemeenskap van Eersterus en SAG gesluit. 'n Opgeleide sosiale 
werkster, Irma McKinley, het die kordineerder van die projek geword.

Aan die begin van 1995 was daar al sestig Afrikaanse moedertaalsprekers in Eersterus wat onderrig in basiese geletterdheid ontvang het. 
Hulle het bo alle verwagting gevorder en kon gou verstommend goed lees en skryf. In Oktober 1996 het hulle die Onafhanklike Eksamenraad se 
eksamen vir Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes op onderskeidelik vlak 1 en 2 afgel.

SAG lei ook mense op in noodsaaklike vaardighede soos die invul van vorms, in primre gesondheidsorg; en lig hulle in oor werksgeleenthede, 
diensooreenkomste en finansile bestuur.

Die geletterdheidsprogram in Eersterus het so goed begin werk dat dit oorgespoel het na Mamelodi, 'n swart woonbuurt langs Eersterus. Tans 
word daar vir sowat 300 leerders in Sepedi en Zulu basiese geletterdheidsklasse aangebied. Party van di leerders het aangedui hulle wil n 
die eerste eksamen hul onderrig in Afrikaans voortsit.

Werkskepping is vir SAG van die hoogste belang. Alle geletterdheidsinstrukteurs is mense uit die gemeenskap wat aan UP opgelei word om die 
klasse aan te bied en sodoende geld te verdien.

Vroe skoolverlaters word ook by SAG se projek betrek. Aan die einde van 1995 het 23 van hulle by die Horskool Eldoraigne hulle standerd 
agt-eksamen in Afrikaans afgel. Een-en-twintig leerders het die eksamen in die hor graad geslaag!

Terug na bo

Naskoolsentrum

In Eersterus is daar 'n naskoolsentrum waar verrykingskursusse vir ongeveer honderd skoolkinders aangebied word. In Mamelodi bied SAG by 
drie laerskole taal- en wiskundeverrykingskursusse vir 300 st. 2-leerlinge aan.

Waar moontlik probeer SAG om deur middel van skakeling met kerke materile nood te verlig. In samewerking met verskeie borge soos die 
Stigting vir Afrikaans, die Emmanuel Presbyterian Church en LIW, het SAG al gratis brille aan sowat vyftig volwasse leerders in Eersterus 
verskaf.

'n Gemeenskapsblaadjie, Hoezit-da, bestaan van die begin van 1995. Dr. Maritha Snyman, medewerkers van die universiteit en lede van die 
gemeenskap versorg die publikasie. Van die gratis blaadjie word tans 8 000 maandeliks versprei.

Bitter min leesmateriaal vir Afrikaanssprekende nuut- en semi-geletterdes is beskikbaar. Hoezit-da lewer hier 'n bydrae. Twee verhale wat 
in Hoezit-da verskyn het, gaan deur Sached-uitgewers uitgegee word. In samewerking met 'n strokiestekenaar verskyn daar vanaf Februarie 
1996 by Kagiso 'n strokiesboekreeks, "Die Sterling-gang", gemik op die nuutgeletterde.

In samewerking met die Stigting vir Afrikaans word skryfskole, waarby onderwysers en skoolkinders betrek is, soms Saterdae gerel. Skrywers 
uit die gemeenskap, soos Robert Pearce, gee wenke en raad. Een van die skryfskoollede se manuskrip word tans by 'n uitgewer gekeur. 'n 
Vervolgverhaal verskyn nou in Hoezit-da wat in so 'n skryfskool begin is.

Van die begin van 1997 spog SAG met 'n eie SAG-leersentrum in die ou gemeenskapsaal van Eersterus.

In Augustus 1996 het SAG sy vlerke gesprei en begin om huisbediendes in Pretoria se woonbuurte te leer om Afrikaans te lees en skryf. Twee 
sulke groepe is reeds gestig en byna dertig leerders is betrokke.

In samewerking met die Provinsiale Biblioteekdiens van Gauteng en met finansile ondersteuning van die Kanselierstrustfonds van die 
Potchefstroomse Universiteit vir CHO word vanjaar 'n geletterdheidsprojek by die Onverwachtgemeenskapsbiblioteek naby Cullinan beplan.

Steun van die Vlaamse owerheid het SAG aan die einde van 1996 in staat gestel om een van sy groot ideale te verwesenlik: 'n kleuterskool in 
Eersterus.

SAG organiseer saam met die Stigting vir Afrikaans en geletterdheidsfasiliteerders gratis opleidingskursusse, meestal aan die Universiteit 
van Pretoria, vir mense wat belangstel om geletterdheidsklasse aan te bied. Dis nie aan 'n bepaalde geletterdheidsprogram gekoppel nie; 
trouens, kursusgangers word geleer hoe om hulle eie geletterdheidsmateriaal teen baie lae koste saam te stel. Vier sulke opleidingskursusse 
is in 1996 gehou.

By so 'n kursus wat in September 1996 by Mareetsane naby Mmabatho aangebied is, is dertien boervroue en drie swart onderwyseresse opgelei. 
Hierdie groep wil op eie inisiatief en sonder vergoeding aan ongeskoolde plaasarbeiders Afrikaanse geletterdheidsklasse aanbied. Wat kan 
alles in die land gebeur as elke Afrikaanse vrou verantwoordelikheid aanvaar vir die opleiding van vyf ongeletterde mense?

Om Afrikaans te bemark, sal ons ons hande uit ons moue moet steek. As iemand deur Afrikaans iets waardevols geleer het, behou hy altyd 'n 
lojaliteit teenoor die taal en sy mense. 'n Tak van die Vroue Landbou-unie het byvoorbeeld in Eersterus met 'n projek begin, "Klere vir die 
winter". Mense van die geletterdheidsklasse lees nou patrone en kan sweetpakke en ander klere begin maak. Hulle verkoop dit selfs!

Hoe harder die mense van SAG werk, hoe meer leemtes sien hulle en hoe meer werk is daar. SAG kan tien maal soveel geld gebruik as wat tans 
beskikbaar is. Maar SAG kan ook kundigheid en raad deel. Mense wat geletterdheid in Afrikaans ook hulle bemoeienis wil maak, moet net van 
hulle laat hoor. SAG het in die loop van twee jaar al 'n gewigtige databank oor bestaande geletterdheidsprojekte in Afrikaans opgebou.

Kom met ons in aanraking by die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria: Prof. Christo van Rensburg (420-2334); Dr. Maritha Snyman 
(420-2071) en Irma McKinley (988-7352).

In verband met die opleiding van geletterdheidsfasiliteerders kan u Helena Barnard skakel by (012) 3439928.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av424.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

